Die MOS Inisiatief vergroot aandeel in Vuurvliegie Akademie

Want elke kind verdien moedertaalonderrig

Ons inspireer lewenslange leerders met hoë gehalte onderrig wat Afrikaans en die toekoms verbind.

Vennote en Akkreditasies

takke logo 01

Beginsels wat elke kind na betekenisvolle leer en ‘n blink toekoms lei.

Ons kernwaardes definieer ons visie vir onderwys in Afrikaans. Ubuntu simboliseer ons geloof in insluiting en deernis, ons omarming van die toekoms inspireer kinders om innoverend te dink en ons fokus op lewenslange leer help om ‘n blywende liefde vir kennis en groei aan te wakker.

Ubuntu

‘n Eienskap wat twee van die noodsaaklike menslike deugde, naamlik deernis en menslikheid, insluit. Ons glo daarin dat kwaliteit onderrig die voorreg van almal is en niemand daarby uitgesluit mag word nie. Ons model is dus op ‘n insluitende, inklusiewe model gebaseer wat maklik toeganklik vir alle moedertaalsprekers is.

Omarm die toekoms

Die wêreld waarin ons leef verander elke sekonde. Die MOS Inisiatief erken die dinamika van leer en die behoeftes van die arbeidswêreld wat deurlopend verander en poog daarin om ons leerders op al die verwagtinge en uitdagings voor te berei deur die vaardighede wat deur ons stelsel aangeleer word.

Lewenslange leer

Die doelwit van Die MOS Inisiatief is om ‘n liefde vir leer by elke leerder te kweek sodat hulle lewenslange leerders sal word wat deur hulle kennis, vaardighede en ondervinding ‘n sinvolle bydrae tot die wêreld sal maak.

Skole vir elke leerfase: van kleuters tot matrikulante

Die MOS Inisiatief bied enkelmedium Afrikaanse skole vir elke ouderdom.

Die MOS Inisiatief se skole vorm ‘n unieke Afrikaanse skolenetwerk wat voorsiening maak vir elke fase van ‘n kind se leerreis. Van kleuterskool tot hoërskool en selfs ‘n aanlyn skool vir maklike toegang, bied ons uitnemende onderrig wat volhoubaar, inklusief, en toekomsgerig is.

a42675 mos skolenetwerk kaart 1920x1080

Nuus en inspirasie vir Afrikaanse moedertaalonderrig

Ontdek die nuutste artikels, potgooie en nuus oor Afrikaanse onderwys, innovasie en lewenslange leer.
Vuurvliegie Akademie
Artikels

Die MOS Inisiatief vergroot sy aandeel in Vuurvliegie Akademie, Beaufort-Wes

Die MOS Inisiatief brei sy belange in die Karoo uit Die MOS Inisiatief het sy aandeelhouding in Vuurvliegie Akademie in Beaufort-Wes met ‘n verdere …
beautiful shot of springbok at pilansberg nature reserve
Artikels

Dis MOS Boktrots

Laai die Springbok Rooster af
kiewietnes
Artikels

Kiewietnes Kleuter- en Leersentrum sluit by Die Mos Skole Groep aan

Brits, Noordwes – Kiewietnes Kleuter- en Leersentrum kondig met trots aan dat die skool eersdaags amptelik deel van Die MOS Inisiatief sal vorm, ’n …